Uitreik
Ons huidige uitreik-aksies bestaan uit:

Evangelisasie
Ons gemeente het ‘n hart vir Evangelisasie en doen graag uitreike. Tans is ons aktief by DrugArm in Christchurch betrokke. Dr Tienie is op hulle bestuur en verskeie lidmate reik Vrydag en /of Saterdagaande deur middel van hulle “street van” bediening uit na die mense op straat. Die fokus is die mense met Alkohol en ander dwelm probleme asook die vroue wat prostitusie be-oefen. Daar word dan kos en tee of koffie voorsien saam met ondersteuning en die Evangelie.