S.A. Besighede

SAFARI Meats. www.safarimeats.com

Email Address: safarimeats@ihug.co.nz
Telephone: 03 389 7703
Fax: 03 389 7705
Address: 5 Buckleys Road, Linwood, Christchurch
Business Hours: Monday - Friday : 09:00 to 17:30
Saturday : 09:00 to 14:00

 

-------------------------------------------------------------------------------------------------------

Gekwalifiseerde Motorwerktuigkundige.

Jacques Kemp 021 274-7181 of 322 6574.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------

 

De Novo Uitgewers             De Novo Uitgewers 

WIE EN WAT IS TROTS KIWI-KAANS?

As jy in Suid-Afrika gebore is, en jy noem Nieu-Seeland nou jou tuiste, dan is jy Kiwi-kaans, Trots Kiwi-kaans! Jy is nou so half-en-half Kiwi, maar beslis nog steeds Afrikaans. Jou hart klop steeds sterk op 'n Afrika ritme. Jy ken die gemis en die hunkering na wat was, maar jy strek jou ook uit met opgewondenheid en vertroue in God, na jou nuwe lewe hier in Nieu-Seeland. JOU NUWE BEGIN, VER VAN JOU LAND, MAAR NABY JOU GOD!  

 

Oor Ons

De Novo beteken nuwe begin, om oor te begin. Is dit nie juis wat almal van ons hier in die vreemde kom doen het nie? Elkeen van ons, het ons eie storie om te vertel hoekom ons hier opgeëindig het. Die storie raak min of meer dieselfde as mense begin vertel van die oor begin, nuut begin, onder begin. As 'n boom herplant word, neem dit jare vir die wortels om weer volle sterkte te bereik. Dit gaan gepaard met baie groeipyne en soms kan dit voel of jy alleen moet stoei deur al die nuwe uitdagings en aanpassings. Jy word in 'n smeltkoers gelouter, maar die uiteinde is 'n splinternuwe jy, sterk en dankbaar! Jy leer om ten volle op God te vertrou. Hierdie is JOU nuwe begin, ver van jou land, maar naby jou God!

ONS MISSIE

De Novo Uitgewers se missie is om kwaliteit leesstof en produkte met lewensveranderende waarde tot mede Suid-Afrikaners in Nieu-Seeland tot beskikking te stel. Boeke en produkte met 'n Christelike grondslag, in jou hartstaal: Afrikaans.

ONS VISIE

De Novo Uitgewers se visie is om deur ons publiskasies getuienis te lewer van die hoop wat ons het in ons Here Jesus Christus.

http://www.denovouitgewers.com/ons.html

Liefde

Hannes en Helga