Jeugaksie

Ons gemeente het 'n aktiewe jeugaksie met 'n groot klompie jeugdige lidmate wat oor 'n groot ouderdomsgroep span. Ons is bevooreg om vir Jacques Kemp as ons Jeug Leraar te hê en saam met sy vrou Yvonne doen hulle ‘n wonderlike werk. Interessante aktiwiteite word aangebied deur jongmense, vir jongmense. Hulle leer saam van praktiese Christenwees vandag. Vir informele saam-ontspan gaan hulle saam op uitstappies te gaan en speel meeste Sondag-agtermiddae saam "touch-rugby". Daar word in die naby toekoms ‘n jeugdiens beplan vir Sondagaande.

Sondagskool en Kategese: Daar is Sondagskool vir die laerskool kinders en Kategese vir die meer senior jongmense na die Oggenddiens.

Kinderkerk word aangebied op Sondae, tydens die erdediens vir kinders van 3 tot 8 jaar.