Ons is 'n Woordgebasseerde Gemeente
Ons is 'n Woordgebaseerde gemeente wat Christus eerste stel. Lidmate word aangemoedig om aktief betrokke te wees in bedieninge volgens hulle gawes soos die Heilige Gees dit gee. (1 Kor 12 en Rom 12)
Missie
Ons is ‘n Bybel gefundeerde Gemeente, wat God drie-enig in Gees en Waarheid wil verheerlik deur Hom lief te hê en te gehoorsaam en Christus na te volg. Ons gee dienend om vir mense en wil so uitvoering gee aan die opdrag van Christus om dissipels van alle mense te maak, en hulle te leer om alles te onderhou wat Jesus ons in Sy Woord beveel. (2Tim 3:16, Joh 4:23, 14:23, Matt 28:19)
Ons staan gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. Die Woord van God is altyd die hoogste en finale gesag. (2 Timotheus 3:16 & 17).
Nuwe Lidmate
'n Lidmaat Inskakelings Program (LIP) word een maal per termyn aangebied vir mense wat amptelik lidmate van die gemeente wil word of net meer van die kerk wil weet.
Bybelstudie
Op Woensdag-aande kom ons bymekaar by die lokaal waar ons op Sondagoggende tee en koffie geniet. 'n Tipiese aand sal uit Bybelstudie bestaan en/of om na geestelike videos te kyk en dan ‘n tyd van gebed daarna. Op so manier word ons geestelike wapenuitrusting sterker gemaak. Ons kuier saam na die tyd en 'n bordjie eetgoed is altyd welkom.
Bedieninge
Lidmate word aangemoedig om aktief betrokke te wees in bedieninge volgens hulle gawes en bedieninge soos die Heilige Gees dit gee. (1 Kor 12 en Rom 12).
Ons glo dat die kerk die liggaam van Christus is en daarom moet dit aktief, lewend wees en voortdurend groei. Ons glo dat God Drie-enig die middelpunt van alles in die gemeente is. Die Kerkraad vorm die volgende sirkel van gesag met die Bedieningleiers daarna. Elke aktiewe bediening word dan soos ‘n nuwe blaar van ‘n blom van ‘n lewende en aktiewe gemeente.
Nuwe bedieninge of groepe kan met die toestemming van die Kerkraad gevorm word. Die kerkraad, in oorleg met die groep, wys ’n leier aan. Hierdie leiers vergader saam met die dagbestuur van die kerkraad vir leiding en koordinering. Lidmate word aangemoedig om so gou moontlik by ’n bestaande bediening in te skakel of indien daar ’n behoefte bestaan ’n nuwe bediening te begin.