Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland

http://afrchristenkerk.co.nz

Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland het sy ontstaan gehad aan ‘n groepie Afrikaanssprekende gesinne wat in Nieu-Seeland gevestig het en ‘n behoefte gehad het om in Afrikaans te aanbid. Aanvanklik is ’n maandelikse Afrikaanse erediens deur Ds Dawie Kriel,op die Aucklandse Northshore gehou. Kort daarna is ‘n erediens elke Sondag aangebied. Op 1 November 1998 is ‘n eie Afrikaanse kerk gestig, met die naam van “Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland” (ACK van NS). Die kerk het ‘n tuiste geword vir Afrikaanssprekendes wat vanuit verskillende denominasies uit Suid-Afrika en elders kom.

Intussen het die Here regoor Nieu-Seeland gewerk, en het die behoefte aan 'n Afrikaanse Bediening op meer en meer plekke begin ontstaan soos wat die getal Suid-Afrikaanse immigrante in Nieu-Seeland toegeneem het.

ACK Gemeentes in Nieu-Seeland

ACK Auckland: http://www.ackauckland.co.nz/

ACK Christchurch: http://www.ackchristchurch.co.nz/

ACK Hamilton: http://www.ackhamilton.co.nz/

ACK Hawkes Bay: http://www.ackhawkesbay.co.nz/

ACK Howick: http://www.ackhowick.co.nz/

ACK North Shore: http://www.acknorthshore.co.nz/

ACK Rotorua: http://ackrotorua.co.nz/news.php

ACK Wellington: http://www.ackwellington.co.nz/home.html